Update
GEORGE NUUS - 'n Streekhofdatum word vandag vir die Kent-trio van Mosselbaai in die George-landdroshof vasgestel.
Ivan Kent (30), sy pa, Lionel (55), en sy broer Divan (27), word daarvan aangekla dat hulle in Januarie 'n sakeman van Oudtshoorn, Jannie Venter (45), by sy ingenieursfirma, Du Rand Engineering, in die George-nywerheidsgebied aangerand het. Ivan het by Venter gewerk.
Ivan is later dieselfde dag, ná 'n jaagtog met die polisie op die N2 tussen George en Mosselbaai, vasgetrek.
Sy pa en broer is ook kort na die voorval in hegtenis geneem.
Aanklagte teen hulle is onder andere poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, roof met verswarende omstandighede en motordiefstal.
Tydens sy formele borgtogaansoek het dit aan die lig gekom dat Ivan 'n depressielyer is en daagliks medikasie moet neem. Volgens hom het Venter hom ook vir drie maande nie betaal nie.
Hy het aan die hof gesê hy besef dat wat hy gedoen het verkeerd was, maar hy was paniekbevange en nie homself daardie dag nie.
* The Kent Trio from Mossel Bay will appear in the George Magistrate's Court today, where a regional court date will be set. Ivan Kent (30), his father, Lionel (55) and younger brother Divan (27) stand accused of assaulting Oudtshoorn businessman Jannie Venter (45) at his engineering firm, Du Rand Engineering, in January. Ivan was one of Venter's employees.
Read previous articles: