Update
GEORGE NUUS - Die bedrogsaak van oudraadslid Henry Jones is vir oulaas weens sy gesondheid uitgestel. Uitspraak in die saak sou vanoggend plaasvind, maar is tot 5 Desember uitgestel, omdat Jones onwel gevoel het.
Jones is ‘n diabeet met ‘n hartkwaal en het verskeie ander gesondheidsprobleme. Hy het wel vanoggend opgedaag vir sy saak, maar het aangedui dat hy nie goed genoeg voel om die dag op die hofbanke deur te bring nie.
Jones staar verskeie aanklagte van bedrog en 'n klag van diefstal in die gesig. Hy pleit onskuldig op al die aanklagte. Die aanklagte spruit voort uit beweerde behuisingsbedrog wat in sy termyn as raadslid plaasgevind het, waarby hy betrek is.
Jones het sy eerste verskyning in die George-landdroshof in September 2019 gemaak.
Sy gesondheid is sedert dag een as 'n probleem in die hof gemeld en die saak is verskeie kere vertraag om Jones 'n geleentheid te gee om sekere operasies te ondergaan.
Jones geniet regsverteenwoordiging van Legal Aid. Die landdros wat die saak aanhoor is Praglathan Govender en die staatsaanklaer is adv. Xolile Jonas.
Vorige artikels:
- Behuisingsbedrog: Jones binnekort weer in hof
- Jones getuig oor 2 weke
- COVID-Geval vertraag Jones-saak
- Pasaangeër vertraag Jones-saak se pas
- Jones-saak vorder nou na hibernasie
- Jones case to continue in March next year
- Jones-saak begin einde Maart
- Jones-saak gaan voort in die nuwe jaar
- Henry Jones nou onder huisarres
- Jones nou onder huisarres
- Jones dalk borgtog kwyt
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'