GEORGE SKUTSNUUS - Agt Eden-jaggeweerskuts was deel van die Protea-jaggeweerskietspan wat die nasionale skuts gehelp het om puik te vaar teen die Namibiese span tydens 'n toets buite Windhoek.
In weerwil van die vreemde omstandighede het die Proteas die president-, dames- en junior afdelings gewen met net die mans A-span wat nie die pyp kon rook nie.
Nou wag die SA kampioenskappe, wat einde Mei in die Oos-Kaap plaasvind, op die Eden-skuts.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'