Update
GEORGE NUUS - Die man en vrou, Ray-Morgan Cronjé (32) en sy voormalige meisie Chantelle Domingo (32) van Pacaltsdorp, wat beide teregstaan op aanklag van die moord van Domingo se negejarige seun, Juwayne, het vroeër vandag, Donderdag 6 Junie, in die George-streekhof verskyn.
Die saak is uitgestel tot 20 Junie vir die voorverhoor.
Cronjé het nie vir borgtog aansoek gedoen nie en is in aanhouding sedert sy inhegtenisname. Domingo is in Januarie borgtog van R2 000 toegestaan.
Die staat het aanvanklik Domingo se borgtogaansoek teengestaan omdat sy soos Cronjé, van moord met 'n gemene doel, 'n skedule ses oortreding, beskuldig word.
Hulle is op Saterdag 13 Mei 2023 in hegtenis geneem ná Juwayne glo met 'n sambok doodgeslaan is. Hy is na bewering ook verskeie kere hard neergegooi.
Tydens die ondersoekbeampte se getuienis met Domingo se borgtogaansoek het dit aan die lig gekom dat Juwayne glo dikwels van sy ma se huis in Jakarandastraat weggehardloop het na sy ouma toe.
- Paartjie vandag weer in hof vir kindermoord
- Kindermoord: saak na streekhof
- Slotbetoë in ma se borgtogaansoek
- Kindermoord: Juwayne hardloop weg oor slanery
- Kindermoord: Kêrel doen aansoek om borgtog
- Kindermoord: Borgtog saak gaan steeds voort
- Ma se borgtogaansoek weer uitgestel in kindermoord
- Kindermoord: Borgtogaansoek uitgestel weens kragonderbreking
- Kindermoord: Ma doen aansoek om borgtog
- Honderde groet geliefde Juwayne
- Opvolg: Juwayne word Sondag gegroet
- Kindermoord: Ma en haar kêrel vas
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’