Gallery Update
GEORGE NUUS - Die negejarige Juwayne Domingo van Pacaltsdorp is Sondagoggend in 'n volgepakte AGS-kerk gegroet deur sy familie, vriende, medeleerders van New Dawn Park Primêr en inwoners.
Die diens is gelei deur Virgill Gericke met geestelike leiers van die Pacaltsdorp-leraarsforum waaronder past. Allen Spies.
Motorfietsryers van onder andere George en Knysna het die stoet uit New Dawn Park tot by die kerk gelei en 'n erewag by die ingang gehou terwyl die kis in die kerk ingedra is.
Pragtige sangitems is deur die skoolkoor en ander groepe gelewer terwyl personeellede hom met staaltjies onthou het.
Juwayne se tragiese dood kort voor Moedersdag het skokgolwe deur die gemeenskap van Pacaltsdorp gestuur.
Chanelle Domingo (31) en Ray Morgan Cronjé (32), is op Saterdag 13 Mei in hegtenis geneem ná Juwayne glo met 'n sambok en 'n staalpyp doodgeslaan is. Hy is na bewering ook verskeie kere hard neergegooi.
FOTOGALERY: Juwayne te ruste gelê
Geestelike leiers uit die gemeenskap om die kis in die kerk.
Die polisie het die twee in hegtenis geneem nadat 'n buurman hulle na die toneel in Jakarandastraat in Pacaltsdorp uitgeroep het.
Beide verskyn weer op 9 Junie vir 'n formele borgtogaansoek in die George-landdroshof.
Die gemeenskap, met die ondersteuning van die plaaslike GPF het te kenne gegee dat hulle 'n petisie en 'n plakkaatbetoging sal hou teen die verdagtes se vrylating op borgtog.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’