GEORGE NUUS - Die ma, Chantelle Domingo (32) en haar kêrel, Ray Morgan Cronjé (32) wie van die moord van Domingo se negejarige seun, Juwayne, aangekla word, het vanoggend, Vrydag 23 Junie, vlugtig in die George-landdroshof verskyn.
Dit volg ná Domingo se borgtogaansoek op Vrydag 9 Junie tot vandag uitgestel is. Cronjé het gekies om nie vir borgtog aansoek te doen nie.
Weens ‘n kragonderbreking in die middedorp is die saak egter tot Woensdag 28 Junie uitgestel.
Die twee is op Saterdag 13 Mei in hegtenis geneem ná Juwayne glo met 'n sambok en 'n staalpyp doodgeslaan is. Hy is na bewering ook verskeie kere hard neergegooi.
Die polisie het die twee in hegtenis geneem nadat hulle na die toneel in Jakarandastraat in Pacaltsdorp uitgeroep is.
Juwayne was reeds in 'n ambulans toe die polisie op die toneel aankom.
Die kind het veelvuldige kneusplekke oor sy lyf, kop en bene gehad. Paramedici het die seun op die toneel dood verklaar. Die verdagtes is later op aanklag van moord in hegtenis geneem.
Vorige artikels:
- Kindermoord: Ma doen aansoek om borgtog
- Honderde groet geliefde Juwayne
- Opvolg: Juwayne word Sondag gegroet
- Kindermoord: Ma en haar kêrel vas
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’