Update
GEORGE NUUS - Twee broers van Pacaltsdorp, Jhrlique Olkers en Maciano Danster, wat op die moord van Daywin Jonas teregstaan, sal weer op Donderdag 7 November hul volgende verskyning in die George-streekhof maak.
Die twee het op Maandag 9 September vlugtig in die hof verskyn waar Olkers vir regshulp aansoek gedoen het.
Die saak is uitgestel sodat sy regsverteenwoordiger met hom kan konsulteer.
Jonas het op 26 Julie 2023 vermis geraak toe hy sy huis in Conville verlaat het om 'n voornemende koper vir sy wit VW Citi Golf te ontmoet.
Hy het omstreeks 21:30 daardie aand vir sy meisie 'n boodskap gestuur waarin hy vertel het dat hy op pad is om die koper in die buitewyke van Pacaltsdorp te ontmoet. Kort daarna was hy onbereikbaar.
Sy verkoolde liggaam is die volgende dag langs die N9 naby Uniondale gevind en is deur middel van DNS-toetse uitgeken.
Die broers staar aanklagte van moord, vervalsing, besit van gesteelde eiendom en bedrog in die gesig ná hulle glo Jonas om die bos gelei en hom vermoor het.
Hulle is in Augustus 2023 albei in hegtenis geneem en het hul borgtogaansoeke laat vaar.
Vorige artikels:
• Pacs-broers weer voor vir mood
• Verbyrit en begrafnis vir Daywin
• Daywin Jonas-moord: Broers laat vaar borgtogaansoek
• Opvolg: Broers laat vaar borgtogaansoek in Daywin Jonas-moord
• DNA test identifies body as Daywin Jonas'
• Missing man murdered
• Missing Daywin's car found, two in custody
• Vermiste Daywin: Ondersoek lei polisie na Pacaltsdorp
• Still no trace of missing man
• Search for missing man continues
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’