Update
GEORGE NUUS - Terwyl die soektog na die vermiste Daywin Jonas (26) nog voortgaan, het die ondersoek die polisie na minstens twee huise in Pacaltsdorp gelei waar die persele deursoek is vir onderdele wat ooreenstem met dié van Jonas se voertuig.
Die polisie wil in hierdie stadium geen kommentaar lewer of bevestig dat dit wel onderdele van Jonas se voertuig is nie.
Jonas is oorspronklik van Joubertina, maar woon tans in Conville.
Hy is verlede Woensdag 26 Julie deur sy familie as vermis aangemeld ná hy nie huis toe gekom het nie.
Vorige artikels:
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’