Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Politieke partye is gerat vir vandag se tussenverkiesing in Borcherds.
In Thomasstraat, voor Kidstop, is lede van die DA, GOOD, ANC en PBI druk besig om kiesers te help wat vandag hul kruisie vir die wyk se nuwe wyksraadslid moet trek.
Die ander stemlokaal vir die wyk is by Heidedal Primêre Skool net verder af in dieselfde straat.
Mercia Draghoender, GOOD se kandidaat, en Regina Windwaai vir die DA is glo druk besig in wyk 20 en was nie ten tye van die George Herald se besoek by die Kidstop-stemlokaal te bespeur nie. Dit is geen geheim dat die twee partye reg is om vir mekaar opdraende te gee nie.
Draghoender, 'n voormalige DA raadslid, was vir etlike jare die wyksraadslid vir Borcherds.
ANC se Mervin Olivier het gese hulle is net so gereed vir die verkiesing en sal seker maak dat alle kiesers n regverdige kans kry om hul kruisie te maak.
Die vyfde party wat aan die verkiesing sou deelneem, ACO, is nerens te siene nie.
Kyk 'n video hieronder.
Politieke partye is gerat vir vandag se tussenverkiesing in Borcherds.
Lees 'n verwante artikel: Politike temperatuur styg
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'