Update
GEORGE NUUS - Die man wat verdink word van die moord op die 37-jarige Rencia Jafta van Parkdene het Maandagoggend, 3 Mei, vlugtig in die rondgaande hooggeregshof in George verskyn.
Die saak is egter voorlopig tot Maandag 17 Mei uitgestel om 'n gepaste datum vas te stel wanneer die beskuldigde se regsverteenwoordiger en die rondgaande hooggeregshof gereed is om met die verhoor te begin.
Jafta se kêrel, Grant Robertson (34), is op 14 Julie 2019 in hegtenis geneem ná haar liggaam onder 'n bed in haar opslaanhuis in Bisonsingel gevind is.
Sy het 'n kopwond gehad en die vermoede bestaan dat sy met 'n stomp voorwerp aangerand is.
Haar liggaam was in komberse toegedraai. Sy is die vorige dag deur haar familie as vermis aangemeld.
Robertson bly in aanhouding.
Die saak dien voor regter Taswell Papier, Louise Luterek verteenwoordig die beskuldigde en advokaat Evadné Kortjé is vir die staat.
Vorige artikels:
- Moordverdagte in hooggeregshof
- Verlange na dogter is groot
- Uit die hof
- Moordverdagte se borgtogaansoek uitgestel
- Gemeenskapslede betoog teen moordverdagte se borgtog
- Kêrel in hof vir meisie se moord
- Moordverdagte vra nie borg nie
- Hof stampvol vir borgtogaansoek
- Parkdene in skok ná moord op ma
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'