Breaking News Update
GEORGE NUUS - Plaaslike tandarts, Ian Venter, is pas in die George-streekhof gevonnis.
Na Streeklanddros Francis Makamandela alle aspekte van vonnisoplegging in ag geneem het, het sy Venter tot 3 jaar direkte tronkstraf gevonnis.
Sy het klem daarop gelê dat die hof alle kinders moet beskerm; dit sluit die slagoffer se kinders, sowel as die kinders van die beskuldigde, in.
Venter het aangedui het dat hy appél gaan aanteken.
Venter is op 11 April 2018 skuldig bevind op 'n aanklag van seksuele aanranding van 'n minderjarige ná hy in 2015 'n 13-jarige seun, wat by sy huis in Heroldsbaai oorgeslaap het, seksueel betas het.
Venter het in November 2014 'n opgeskorte vonnis gekry nadat hy skuldig bevind is op 'n seksklag waarby 'n minderjarige seun, toe 15 jaar oud, betrokke was.
Lees vorige artikels:
- Venter moontlik Donderdag gevonnis
- Vonnisdag vir tandarts kom nader
- Nóg 'n uitstel in tandarts-saak
- Venter-vonnis gaan volgende jaar voort
- Tandarts se vonnis wéér uitgestel
- Ian Venter: Vonnisverrigtinge uitgestel
- Dr Ian Venter: Vonnisoplegging begin
- Streekhofdatum vir tandarts Ian Venter
- Tandarts na streekhof vir minagting
- Tandarts se lot in April bepaal
- Dentist case progression like pulling teeth
- Venter-saak: Uitspraakdatum in 2018 vasgestel
- Opvolg: Ian Venter-saak
- Saak teen Ian Venter uitgestel
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'