Update
GEORGE NUUS - Die man (30) wat daarvan aangekla is dat hy Shaun Pyler (19) van Pacaltsdorp op 29 Mei vermoor het, verskyn weer op 29 September in die plaaslike landdroshof in George.
Rudy Kapank het homself op Sondag 1 Augustus aan die polisie oorgegee waarna hy in hegtenis geneem is.
Kapank het op 3 Augustus sy eerste verskyning in die George-landdroshof gemaak en is op borgtog vrygelaat.
Sy volgende verskyning was op 3 September waarna die saak tot die volgende datum uitgestel is vir verdere ondersoek.
Volgens Suid-Kaapse polisie-woordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het die verdagte homself oorgegee ná konsultasie met sy regsverteenwoordiger.
LEES MEER: Man gee homself oor na moord
"Op die Nasionale Vervolgingsgesag se aanbe-veling, staan die verdagte nou tereg op aanklag van moord," het Pojie gesê.
Pyler is op 29 Mei by 'n partytjie in Andersonville met 'n mes doodgesteek ná 'n onderonsie tussen hom en die verdagte by 'n huis in Valksingel. Pyler het agt steekwonde opgedoen waarvan een in sy lewer was.
Die verdagte, wat ook beserings opgedoen het, is na die hospitaal geneem en later ontslaan. Hy is ook verskeie kere gesteek, onder andere in sy long. Hy het 'n teensaak van poging tot moord teen Pyler aanhangig gemaak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'