Update
GEORGE NUUS - In ‘n sterk bewoorde verklaring het Good se sekretaris-generaal, Brett Herron, vanoggend uitgevaar oor gister se tussenverkiesings in wyke 16, 20 en 27.
Herron noem die tussenverkiesings ‘n klug, en sê dit is op ‘n onbeskofte wyse gesteel.
Good het vantevore raadslede in al drie wyke gehad. Na hulle bedankings het die tussenverkiesing gevolg. Twee van die wyke – New Dawn Park en Pacaltsdorp – is deur die DA gewen, en wyk 20, Borcherds, is deur die PA verower.
Volgens Herron het hul party hulle prokureurs opdrag gegee om dokumente op te stel wat die uitslag van die verkiesing betwis ingevolge Artikel 65 van die Munisipale Verkiesingswet. Good sal daardie beswaar formeel indien binne die 48-uur tydperk waarvoor die wet voorsiening maak.
Good beskuldig die DA van kieserregistrasiebedrog. Hierdie beskuldigings word ten sterkte deur die DA as onsin verwerp.
Herron het aangedui dat Good verdere sanksies teen die DA gaan neem. Good se aansoek vroeër die week aan die kieshof om die tussenverkiesings uit te stel, het nie vrugte opgelewer nie.
Verwante artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’