GEORGE NUUS - Lede van die Suid-Kaap Fynproewersgilde en gaste het onlangs 'n interessante oggend deurgebring in die geselskap van sjef Hannes Russouw.
Russouw het op Donderdag 2 Augustus gewys hoe om kosblikgeregte, of bento, op 'n nuwe en vars manier voor te berei sonder dat dit 'n gat in jou beursie laat. Bento is 'n tuisgepakte maaltyd wat baie algemeen is in Japan.
Russouw het op 'n kreatiewe wyse die klassieke Oos-Asiatiese kookkuns betrek en gespeel met verskeie geure.
Russouw, deelnemer aan die eerste Kokkedoorkompetisie op kykNET, het beïndruk met sy wenke en kortpaaie.
Hy het die demonstrasie begin met gebakte salm-en-roomkaas-yakatori en aarbei-en-tuna-misoyaki. Dit het 'n mens laat dink aan 'n tipe boere-sushi. Daarna het hy dadel-teriyaki en bees-teppanyaki gemaak - 'n fees op die tong.
Vivien Pauw se tafel is geïnspireer deur die see.
Hy het afgesluit met diepgebraaide lawa-sjokolade-ontploffingballetjies en hotteok, 'n Suid-Koreaanse pannekoek.
Russouw het Neil Ellis se Elgin Sauvignon Blanc (2017) en Diemersfontein se Coffee Pinotage (2016) geskink.
Vivien Pauw het die spesiale tafel in blou en wit linne en porselein gedek.
Hotteok is 'n soet Suid-Koreaanse pannekoek.
Salm-en-roomkaas-yakatori (agter) en aarbei-en-tuna-misoyaki (voor).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'