Breaking News
GEORGE NUUS - 'n Man is vanoggend omstreeks 08:50 in die been geskiet tydens 'n voorval op die N2, sowat 300 m vanaf die Thembalethu-afrit.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, AO Christopher Spies, ondersoek die polisie 'n saak van poging tot moord.
Die man is nie noodlottig beseer nie. Niemand is in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.
Die N2 is oop vir verkeer.
Die N2 is oop vir verkeer. Foto's: Marguerite van Ginkel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’