Video
GEORGE NUUS EN VIDEOS - Die polisie, verkeersdienste en brandweer is steeds op die toneel by ’n huis op die hoek van Palgrave- en Meadestraat in George, waar daar vanoggend 'n huis gebrand het. Met George Herald se aankoms het daar steeds ’n skerp rookreuk in die lug gehang.
Die gebied is vroegoggend vir verkeer afgesper toe rook opgemerk is en ’n man na bewering buite die huis gesien is.
Die polisiewoordvoerder, adjudant-offisier, Chris Spies, het bevestig dat die polisie op 'n liggaam binne die huis afgekom het.
"Nooddienste is om 05:30 in kennis gestel van die huisbrand. Die liggaam is later tussen die puin gevind. Die oorsaak van die brand word ondersoek. Een persoon is in aanhouding vir ondervraging," het Spies gesê.
Video:
Foto's: Lizette Da Silva
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’