Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Daar is 'n tikkie hartseer in die lug oor die Blanco NG gemeente oor die oudste nonnetjie-uil, Winston, wat twee weke gelede die Churchowl-nes in 'n boom op die perseel van die Blanco NG Kerk verlaat het. Winston is dood gevind ongeveer 1km van die nes af.
Ds. Francois Mulder, 'n leraar van die gemeente wat die verloop van die uiltjies se lewe vir die afgelope drie maande dophou nadat hulle in die kerktoring uitgebroei het, sê iemand die dooie uiltjie Maandag vir hom gebring.
"Die persoon het hom so 1km vanaf die kerkterrein gevind. Dis hartseer, maar ek dink dat uit Pa Bells en Ma Hedwig Churchowl se natuur-oogpunt was hulle suksesvol."
Intussen het nog twee van die uilkuikens die nes verlaat om net 'n "laatlam" agter te laat wat nou nog sy vlerke moet sprei.
Mulder het drie maande gelede ses eiers in 'n uilnes in die kerktoring ontdek toe hy daarin opgeklim het om die klok te gaan lui - vir die eerste keer in hele klompie jare. Sedertdien het hy die nes elke Sondag gaan "inspekteer" wanneer hy die klok gaan lui, tot die kuikens uitgebroei het.
'n Uilboks is later vir die "Churchowl"-gesin in 'n boom op die terrein aangebring.
'n Uilboks is later vir die "Churchowl"-gesin in 'n boom op die terrein aangebring."6-5-4-3-2-1 - daar was ses eiers, vyf uiltjies het in ‘n kerktoring uitgebroei, toe het ons vier oorlewendes in ‘n uilboks geplaas waar ouboet Winston die boks eerste verlaat het. Van Sondag tot Maandagoggend het die drie twee geword nadat nog een uit die nes uit is. Ek het hom Dinsdag opgemerk in 'n boom by Laerskool Blanco oorkant die kerk. Net ná eenuur gister (Woensdag 15 Julie) het nog een die nes verlaat, so daar's nou net die laatlam in die nes, " sê Mulder.
"Vir die Blancogemeente se lidmate was dit 'n wonderlike belewenis wat almal in verwondering gelaat het oor die kreatiewe Skeppingshand van die Here."
Liedjie vir die uile
Kloudink, die duo met Mulder se seun, Theo, en Johan Theron as lede, het 'n liedjie geskep rondom die uiltjies.
Die liedjie en 'n video van die uiltjies is by die hierdie skakel te sien:
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'