Update
GEORGE NUUS - Sy dood laat 'n leemte wat familie en vriende van Bertus van Niekerk (50), gaan sukkel om te verwerk.
Van Niekerk het op Donderdag 1 September by 'n krans op die Voëlklippad afgery. "Hy was 'n geliefde man. Almal was lief vir hom en ons gaan hom baie mis. Sy verlies laat 'n leemte wat niks ooit sal vul nie," het sy gebroke ma, Kobie Theron, gesê.
Die George-polisie het 'n geregtelike doodsondersoek geopen na die voorval. Geen misdaad word vermoed nie.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is nooddienste omstreeks 15:30 na die toneel uitgestuur nadat 'n hengelaar 'n motor by die krans sien afry het.
Van Niekerk se liggaam is later die middag uit die wrak gehaal.
Hy laat sy twee dogters, sy seun, ma, sy suster en sy vrou agter. Die familie het versoek dat hul privaatheid gerespekteer word en geen verdere kommentaar gelewer nie.
Van Niekerk se erediens word môre, Vrydag 8 September, om 14:00, by die Kruiskerk / George Nursery, gehou.
Bertus van Niekerk
Die motor teen die voet van die krans waar dit afgestort het.
Vorige artikels:
- Voëlklip Road incident: Deceased identified
- Update: Car goes over cliff on Voëlklip road
- Car goes over cliff on Voëlklip road, claims 1
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'