Update
GEORGE NUUS - Die Nuwejaar is vol belofte vir inwoners van Moeggehuur, 'n informele nedersetting in New Dawn Park, Pacaltsdorp wat dikwels in die kollig was nadat 'n groep grondbesetters die area langs New Dawn Park Primêr onwettig ingeneem het.
Die sowat 60 huisgesinne wat tans daar woon is oorstelp van vreugde nadat dit einde verlede week aan die lig gekom het dat die nasionale departement van openbare werke, aan wie die grond tans behoort, die eiendom aan George-munisipaliteit gaan oordra.
Die munisipaliteit mag ook solank voortgaan met hul beplanning vir basiese dienste aan die Moeggehuurders.
Die inwoners het onlangs weer in opstand gekom oor 'n gebrek aan dienste in hul plakkerskamp.
Huisgesinne het geen elektrisiteit nie en die toilette is nie almal in 'n werkbare toestand nie.
Munisipale direkteur van menslike nedersettings, Charles Lubbe, het verlede Vrydag terugvoer aan die inwoners gegee. Lubbe het die goeie nuus gedeel dat die prosesse rondom beplanning en befondsing vroeg volgende jaar sal begin.
George Municipality received the green light from the National Department of Public Works to start planning for basic services on a property in New Dawn Park that is illegally occupied by land invaders. Named "Moeggehuur" by residents, the property (owned by the department) will be transferred to the municipality in due course.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'