Update
GEORGE NUUS - In 'n verrassende wending het twee Icosa PR-raadslede plekke geruil. Theresa Fortuin, wat dié party in die Garden Route-distriksmunisipaliteit se raad verteenwoordig het, skuif na die George-raad in die plek van Wilbur Harris.
Harris skuif op sy beurt na die Garden Route-raad. Icosa se nasionale woordvoerder, Dawid Kamfer, het Maandag die nuus gedeel. "Ons is baie opgewonde oor die skuif," het hy gesê.
"Dit is gedoen met die oog op beide die komende tussenverkiesings sowel as die plaaslike verkiesing van 2021. Beide Fortuin en Harris is in hul noppies met die verwikkelinge," het hy gesê.
Volgens Kamfer is al die papierwerk gedoen en die munisipale bestuurders dra reeds kennis van die besluit. "Ons het vandag (1 Junie) alles ingedien. Nou wag ons net vir die OVK (onafhanklike verkiesingskommissie) om die skuiwe amptelik te maak," het Kamfer gesê.
Wilbur Harris Foto's: Michelle Pienaar
Icosa has swapped two of its councillors. Theresa Fortuin, who served on the Garden Route District Municipality's council, will replace Wilbur Harris in the George Council, while Harris will take the seat in the district council.
Vorige artikel: Icosa se Fortuin op pad na George-Raad
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'