Update
TUINROETE NUUS - Dit het hom meer as agt maande geneem om genoegsame bewyse bymekaar te kry om die berugte Facebook-flouser, Marius Smit (27), vas te trek.
Só sê privaat speurder Leon Rossouw, ná Smit op Donderdag 10 Junie in die Bloemfontein-streekhof tot drie jaar direkte tronkstraf gevonnis.
Smit is daarvan beskuldig dat hy tientalle mense van oor Suid-Afrika, asook George, uit derduisende rand geswendel het. Hy is op 3 Junie 2019 by 'n Absa-OTM in Bloemfontein in hegtenis geneem ná 'n ondersoek deur die privaat speurder, Leon Rossouw. Smit is op 30 Junie op borgtog van R2 000 vrygelaat ná hy nege aanklagte van bedrog in die gesig gestaar het.
Volgens Rossouw het Smit sedert 2014 daagliks 'n goedkoop voertuig op verskillende Facebook-groepe geadverteer. Rossouw het in Junie 2019 sy bewyse aan die Valke voorgelê en Smit is later met die selfoon wat hy vir die slenter gebruik het, sowel as 'n groot bedrag kontant, betrap.
LEES HIER: Beweerde Facebook-flouser kry borgtog
George Herald het in Januarie 2019 oor Smit begin berig ná hy 'n plaaslike vrou se Facebook-profiel na bewering gekloon het om sodoende 'n bakkie op 'n oneerlike wyse as te koop aan te bied.
Talle slagoffers uit George het na dié berig die koerant gekontak. Almal se stories het ooreengestem.
"Dit het meer as agt maande geneem om genoegsame bewyse teen Marius Smit bymekaar te kry en eindelik is hy gevonnis. Dit maak alles die moeite werd. Ek weet daar is baie mense wat geld verloor het en Smit se vonnis bring nie hulle geld terug nie, maar Smit se vonnis moet ’n direkte boodskap aan ander Facebook-swendelaars wees - hulle kán gevang word. Mense moet onthou as iets te goed is om waar te wees is daar fout," het Rossouw aan George Herald gesê.
Modus operandi
Smit het deposito's van voornemende kopers gevra vir brandstof- of afleweringsgeld van die voertuie wat hy op Facebook as te koop aangebied het.
Die slagoffers het dan die geld deur middel van eWallet- of Money Market oorgedra waarna Smit die geld onttrek en verdwyn het.
LEES HIER: Swendelaar ry met Advokaat se Audi
Smit is in 2011 deur dieselfde speurder ondersoek en vasgetrek. "Sy modus operandi het baie ooreengestem met dié wat hy destyds gebruik het. Hy is toe aan bedrog van R100 000 skuldig bevind ná hy mense op die destydse sosiale platform, Mxit, geflous het. Hy is toe 'n opgeskorte vonnis van twee jaar opgelê," sê Rossouw.
The infamous Facebook fraudster, Marius Smit (27), was sentenced to three years direct imprisonment in the Bloemfontein Regional Court on Thursday 10 June. Smit was accused of defrauding dozens of people from across South Africa, as well as George, from thousands. He was arrested on 3 June 2019 at an Absa ATM in Bloemfontein after an investigation by the private detective, Leon Rossouw. Smit was released on R2 000 bail on June 30 after facing nine charges of fraud. According to Rossouw, Smit has been advertising a cheap vehicle on various Facebook groups on a daily basis since 2014. He would as for deposits from prospective buyers for fuel or delivery fees for the vehicles he offered for sale on Facebook. The victims then transferred the money through eWallet or Money Market after which Smit withdrew the money and disappeared.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'