Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Warren Appels (50), wat skuldig bevind is aan strafbare manslag ná die dood van sy vriendin, Andresia Alaart (30), is vanoggend, Maandag 28 September, in die George-streekhof tot nege jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan vyf jaar opgeskort is.
Appels sal dus vier jaar gevangenisstraf uitdien en is ná die vonnisoplegging na Brandvlei-gevangenis verwys.
Die landdros het tydens vonnisoplegging beklemtoon dat Appels gevonnis word vir strafbare manslag en nie moord nie, en dat die hof hom dus binne die raamwerk van dié skuldigbevinding moet vonnis.
Alaart se ma, Christa Alaart, het ná die uitspraak haar teleurstelling uitgespreek. Sy meen meer kon tydens die ondersoek en vervolging gedoen gewees het om die saak as ’n moordsaak te vervolg.
Die voorval het op 26 Maart 2022 in Llamastraat, Delvillepark, plaasgevind.
Alaart se liggaam is met veelvuldige beserings aan haar gesig en liggaam op ’n matras in die leefarea van Appels se ouerhuis gevind.
’n Nadoodse ondersoek het bevestig dat haar dood veroorsaak is deur houe met ’n stomp voorwerp teen haar kop. Appels is op die toneel in hegtenis geneem.
Alaart het reeds voor vonnisoplegging aan George Herald gesê sy vrees dat ’n kort vonnis nie geregtigheid vir haar dogter en kleinkinders sou bring nie.
VIDEO:
Vorige artikels:
- Andresia Alaart: Beskuldigde hoor binnekort sy lot
- Man getuig in George-streekhof oor vriendin se noodlottige beserings in 2022
- Delvillepark-moord: Saak ná vier jaar byna afgehandel
- Delvillepark-moord: saak gaan in Junie voort
- Delvillepark-moordverhoor begin eersdaags
- Delvillepark-moord: Borgtog geweier
- Hoe beslis vandag oor borgtog in moordsaak
- Aansoek vir borgtog weer uitgestel
- Moordbeskuldige se borgtogaansoek weer uitgestel
- Borgtogaansoek vir moordverdagte môre
- Borgtogaansoek van Delvillepark-moordverdagte uitgestel na volgende week
- Moordverdagte môre in hof
- Kêrel verskyn in hof vir vriendin se moord
- Man (64) vas vir vriendin se moord
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’