VERMAAK NUUS - Goeie nuus vir musiekliefhebers is dat die lentereeks van die Etensuurkonserte vir 2025 in die Moederkerk op Woensdag 1 Oktober 'n aanvang neem.
Die kunstenaar is Baslyn Steyn (blokfluit). Sy word op die klavier begelei deur Dalene Brits.
Die program sluit werke in van Sammartini, JS Bach, Telemann, Zannhausen en Chopin en word op die sopraan-, sowel as die altblokfluit uitgevoer.
Die gehoor sal verras wees oor wat 'n kunstenaar alles met 'n blokfluit kan vermag!
Die konsert begin om 13:10. Toegang is gratis, maar donasies is baie welkom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’