Le Clos het skouer-aan-skouer met Phelps geswem toe hy Suid-Afrika se tweede goue medalje in die swembad verseker het. Na die uitstekende poging in die 200 m vlinderslag kon Le Clos nie sy trane bedwing toe hy op die podium met die goue in sy hand staan nie. Sy wentyd was 'n nuwe Olimpiese rekord.
Suid-Afrika se ander swemsensasie, Cameron van der Burgh, het die eerste goue medalje vir sy land losgeswem toe hy die 100 m borsslag in 'n nuwe wêreldrekord-tyd (58:46) gewen het.
Van der Burgh het die swemwêreld verbaas omdat hy sy voorbereiding in Suid-Afrika in 'n openbare swembad gedoen het en nie afgesonderd soos sy opponente nie.
Nou word daar met groot afwagting uitgesien na die ander atlete in die SA-span se vertonings. Miskien wag daar nog 'n paar verrassings.

Cameron van der Burgh hou sy goue vas.