Video
GEORGE SWEMNUUS EN VIDEO - Daar is net geen keer aan die jong swemmer Minke Janse van Rensburg nie.
Pas weer by die Aquabear-uitnodiginsgala in Port-Elizabeth het Minke haar medalje- en rekordoes voortgesit toe sy in die 100 m- en die 50 m-vryslag nuwe wêreldrekords opgestel het.
Haar 50 m-vryslagtyd het haar ook 'n nuwe 50 m-downsindroom ope rekord vir alle ouderdomme besorg.
Sy het ook haar eerste 200 m-vryslag geswem en ten spyte daarvan dat sy die eerste 50 m te vinnig geswem het, het sy 'n nuwe junior Afrika-rekord (16 en jonger) opgestel.
Hoewel Minke hoog in haar skik is met die goue medaljes, kon sy ongelukkig nie die prysuitdelings bywoon nie aangesien sy Sondag in Kaapstad by die Bokkie-toekennings was waar sy as die Bokkie-sportster van die jaar aangewys is.
Kyk 'n video hieronder.
Lees vorige artikels:
- Minke terug as kampioen
- Minke does it again!
- Go-gett Minke lives up to expectations
- Minke is a champ
- Minke breek wêreldrekord vir swem
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'