Breaking News Update
GEORGE NUUS - Minke Janse van Rensburg, 'n 13-jarige swemmer van George, het vandag die wêreldrekord in die 50m vryslag gebreek tydens die TYR Prestige gala in Durban.
Haar tyd was 40.19 sekondes.
Minke het ook terselfdertyd vandag die Afrika-rekord gebreek.
Hierdie jong swemmer het onlangs tydens afrigting - onder die bekwame hand van Sybeth Huges van Fish Eagle-swemklub - 'n nie-amptelike 50m kortbad-tyd geswem wat ook beter as die huidige kortbadwêreldrekord is.
Minke vetrek binnekort na Kanada waar sy in die Downsindroom-wêreldswemkampioenskappe gaan meeding. Sy is 'n lid van die SA-span wat uit 9 lede bestaan.
"By die SA kampioenskappe het sy baie na aan die wêreldrekord gekom," sê haar trotse pa Hennie Janse van Rensburg.
'n Aanduiding van hoe goed sy is het reeds aan die lig gekom tydens die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir intellektuele gestremde persone (SASA II) se nasionale kampioenskappe in Maart vanjaar. Hier het Minke vier goue en twee silwermedaljes gewen.
Minke het twee jaar gelede eers begin swem.
Lees 'n vorige artikel: Sonnige Minke gaan harte en swemtye verower
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'