SUID-KAAP NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale se o.19A-rugbyspan het Saterdagmiddag in sy agterplaas in ‘n wipplank-wedstryd vir Hoërskool Outeniqua met 42-35 geklop.
Met rustyd was die spanne met 20-20 nog kop aan kop.
Oakdale het die bordjies verhang na hul nederlaag verlede seisoen teen Outeniqua en kan opreg aanspraak maak dat hul die seisoen die topspan in die SWD is.
Vir die Wit Bulle was hul kaptein en slot, Hannes Gous, Henco Beukes (flank) en Clyde Lewis (heelagter) uitstaande.
Die Kwaggas se groot uitblinker was hul buitesenter, Darren Fortuin, wat altesaam 20 punte aangeteken het met 2 drieë, 2 doelskoppe en 2 strafdoele.
Pieter Ferreira (slot) wat ook ‘n barshou gespeel het, Ridge Gaffley (vleuel) en Aylan Schabort (senter) het Outeniqua se ander drieë gaan druk.
Ander uitslae:
- o.14A: OHS wen 19-3
- o.15A: Oakdale wen 12-0
- o.16A: Oakdale wen 32-29
- o.19B: Oakdale wen 38-8.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'