Update Video
RUGBYNUUS - Die Pumas het vanmiddag as oorwinnaars in sy wedstryd teen die Arende van die veld gestap toe hulle 43-22 gewen het.
Die span moes egter hard werk in die tweede helfte in die SA Beker wedstryd op Outeniquapark. Waar die Pumas in die eerste helfte die botoon gevoer het was dit 'n ander storie in die tweede helfte.
Die Arende het 'n paar keer die tuisskare op hul voete gehad. Mpho Ntsane het twee skitterende drieë gedruk en sy spanmaat Liko Ndiyalwa het ook agter die doellyn gaan kuier en die skare rasend gehad.
Dit was duidelik dat die Arende in die tweede helfte ritme begin kry het. Toeskouers wat gehoop het om spelers in aksie te sien wat drieë gaan druk was uiteindelik nie teleurgesteld.
VIDEO - Die wedstryd is deur verskeie deelnemers aan die Kwagga Junior Rugbyweek bygewoon. Hulle kon na die wedstryd die senior spelers van die Pumas en Arende ontmoet.
Video: Eugene Gunning
Vorige artikel: Pumas loop voor
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’