Gallery Video
GEORGE RUGBY NUUS EN VIDEO - Die SWD Arende skuif na Vrydagaand se volpunte oorwinning van 31-27 oor die Boland Kavaliers in die Supersport-uitdaagreeks op Outeniquapark na die tweede posisie op die punteleer met 24 punte.
Rustyd was die wenspan met 10-7 voor.
Die Arende het die bordjies verhang nadat hul vroeër die seisoen in Wellington deur die Wynboere met 37-12 afgeslag is.
Rynardt van As, hoofafrigter van die Arende, en sy afrigtingskorps het rede om breëbors rond te loop nadat sy jong onervare span, wat verskeie klubspelers in hul geledere het, hul vyfde oorwinning die seisoen in die kompetisie behaal het.
Vir die Arende wag daar Vrydagmiddag om 15:00 ‘n moeilike kragmeting op Brookside in Kaapstad wanneer hulle die DHL Westelike Provinsie, wat die voorloper op die punteleer is, die stryd aansê.
Die manne van die Suid-Kaap baklei vir ‘n plek in die kwarteindrondes en sal alles in die stryd werp om die bordjies te verhang nadat die WP hulle in hul laaste kragmeting op Oudtshoorn sleg slae gegee het.
kyk 'n video hieronder.
Die manne van die Suid-Kaap baklei vir ‘n plek in die kwarteindrondes en sal alles in die stryd werp om die bordjies te verhang nadat die WP hulle in hul laaste kragmeting op Oudtshoorn sleg slae gegee het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'