GEORGE NEWS - Hoërskool Outeniqua het sterk presteer in die nasionale Netwerk24-poësiekompetisie, waarvan die wenners van die aanlynkompetisie op 31 Augustus bekendgemaak is.
Stefan Venter het 'n vierde plek behaal, terwyl Crisna Strydom en Theandri Pieterse in die 80 tot 89%-kategorie uitgeblink het.
Die Kwaggas se onderwysers het ook indrukwekkend presteer. Anli van Santen is as die nasionale wenner aangewys, terwyl Celesti du Plessis die tweede plek behaal het. Naas Gibson het 'n vierde plek behaal.
Nasionale wenner Anli van Santen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’