In die standaardklas het die Suzuki's mekaar opgedreun, maar Anthea Fourie het vasgebyt en eerste geëindig. Anton Meintjies was op haar hakke met Anneliza Vogel in die derde plek.
Zak Vorster het die standaard-gemodifiseerde klas gewen met Johan Vogel, wat heelpad in sy nek geblaas het, tweede en Francois Dorfling derde.
In die gemodifiseerde klas was die stryd tussen Francois du Toit (eerste), Reinhardt van Deventer (tweede) en Etienne Jacobs snr. (derde).
Die deelnemers in die ekstreemklas het nie teleurgestel nie.
Hoewel hy in 'n hindernis gerol het, het Pierre Joubert dié klas gewen met Arjan Wierenga tweede en Walter van der Merwe derde.
Die breek van die dag is deur Henrico Erasmus ingepalm terwyl Anthea Fourie as die bestuurder van die dag aangewys is.
Ná afloop van die jaar is die finale posisies in die onderskeie klasse as volg:
Ekstreem:
1. Pierre Joubert. 2. Arjan Wierenga. 3. Henrico Erasmus.
Gemodifiseerd:
1. Etienne Jacobs snr. 2. Francois du Toit. 3. Attie de Klerk.
Standaard-gemodifiseerd:
1. Johan Vogel. 2. Francois Dorfling. 3. Burt van der Walt.
Standaard:
1. Anthea Fourie. 2. Jaco Kriel. 3. Alecia van der Merwe.
Hoewel hy in 'n hindernis gerol het, het Pierre Joubert die ekstreemklas gewen.
Anthea Fourie het die standaardklas by Rebel George se laaste viertrekbyeenkoms gewen. Sy is ook as bestuurder van die dag aangewys.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'