GEORGE NUUS - Outeniqua-rolbalklub se pare spelers het vir die eerste keer sover bekend behoorlik spiere gewys in die Eden-pare kampioenskap deur bykans skoonskip te maak in pare kompetisie vir beide mans en dames. In die parekompetisie vir mans het Basie du Preez en Robin Gibbs goud gewen terwyl Judy Swart en Mime Nortje die dameskampioenskap gebuit het.
Japie Combrink en Dirk Breedt het silwer ingepalm met Susan Meyer en Trix van Niekerk wat die naaswenners in die dameskompetisie was.
Anri Fick en die junior Gillian Young het die vierde plek in die dames-afdeling ingeneem. Pare van oor die hele streek het oor die laaste paar weke op verskeie bane aan die baie strawwe kompetisie deelgeneem met die eindstryde wat by George-rolbalklub gespeel is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'