SUID-KAAP NUUS - Een van Outeniqua-rolbalklub se drie spanne wat aan die Stilbaai-rolbalklub se Presidentsdag deelgeneem het, het die ander spanne stil gespeel en met die louere weggestap.
Die spanlede, wat hier met die trofee spog, is van links: Marlene Coertse, Johan van Niekerk, Marius Roberts en Mathilda Champaud. Agter by hulle staan Prof Stadler, verteenwoordiger van die hoofborg, Personal Trust, en die president van Stilbaai-rolbalklub, Mariana van der Walt (heel regs).
Nog 'n Outeniqua-span wat die vyfde plek ingeneem het, is deur Greg Young, Terrence Wilson, Das Barnard en Gillian Young verteenwoordig.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'