GEORGE ROLBALNUUS - Outeniqua-rolbalklub se spanne het vanjaar die gesogte mans- en damestitels tydens die Knysna Oesterfees-rolbaltoernooi gebuit.
Die Outeniqua-dames was die jongste rolbalspan ooit wat hierdie titel kon inpalm met die ervare Mime Nortje aan die spits. Die ander spanlede was Trix van Niekerk, Anri Fick en Gillian Young.
Die mansspan met Billy Radloff en Japie Combrink van Outeniqua asook Dan Thysse en Arthur Langley het gesorg dat die manstitel ook aan Outeniqua behoort.
Altesaam 30 mans- en 20 damesspanne van oor die land het aan hierdie gewilde jaarlikse toernooi, wat deel uitmaak van die Oesterfees, deelgeneem. Uitstekende rolbal is deur die deelnemers opgedis en die wenspanne moet deurgaans fokus behou om enduit voor te bly. Die week lange toernooi neem jaarliks toe in gewildheid en lok elke jaar meer spanne wat inskryf.
Die dameskampioene is van links: Miemie Nortje, Anri Fick, Janey Wygg (borg), Trix van Niekerk, Gillian Young en Johann van der Westhuizen (borg).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'