Dit is die mening van die voormalige Springbok-snelbbouler, Fanie de Villiers, wat ‘n gas was tydens die Child Active Akademie se sertifikaat-uitdeling.
De Villiers het gesê dat dit van die grootste belang is dat kinders reeds van ’n baie jong ouderdom aan balspele blootgestel word.
"Vaardighede en tegniek word aangeleer en kom nie vanself nie. Ouers behoort daagliks vir sowat ‘n halfuur balle vir hul kinders te gooi om oog- en hand-koördinasie te bevorder.
"Met hierdie daaglikse oefeninge sal die kinders baie meer balle in een week hanteer as wat hulle in ‘n jaar op die sportveld gooi en vang. Oefeninge op die formele sportveld alleen is nie genoeg om hul volle potensiaal te bereik nie," het hy gesê.
De Villiers het ook lof uitgespreek teenoor sportakademies soos Child Active Akademie op George wat groot moeite doen om jong kinders se tegnieke en balvaardighede te bevorder.
Die ander gas by die funksie was nog ‘n snelbouler-ikoon, Garth le Roux, wat De Villiers se voorganger in die Bokkamp was.
Le Roux het op sy beurt gesê dat jong sportlui stap-vir-stap doelwitte moet stel.
"Mens kan nie verwag om jou land op die sportveld te verteenwoordig sonder dat jy die leer geklim het nie. Elke doelwit wat bereik word moet ‘n persoonlike triomf wees en as inspirasie tot die volgende doelwit dien," het hy gesê.
Werner van Antwerpen, wat die Child Active Akademie saam met André Swiegelaar bedryf, het verduidelik hoe ‘n elektroniese databasis van elke jong akademie-lid se vordering gehou word.
"Dit help ons om te sien watter vordering elke leerder maak en waar die leemtes is," het hy gesê.
In sy verwelkoming het Swiegelaar vertel dat een van die leerders se moeder hom by De Hoek aan die voet van die Swartberge by ‘n kamp gaan haal het om die seretifikaat-uitdeling by te woon.
De Villiers het die moeder ook geloof vir haar betrokkenheid en bereidwilligheid om in haar seun se toekoms te belê.
Hy het die seun, Hannes Gous, vorentoe geroep en hom uitgenooi om op sy televisie-program, BVP, te verskyn en Suid-Afrika te vertel van die vordering wat in George met jong krieketspelers gemaak word.
.jpg)
Die groep jonger krieketspelers met hul sertifikate en spesiale kriekethempies wat hulle ontvang het.
.jpg)
Die ouer groep spelers wat by die akademie afrigting ontvang.
.jpg)
Fanie de Villiers (links) en Garth le Roux (tweede van regs) saam met die hoof uitvoerende bampte van SWD-krieket, Albertus Kennedy (tweede van links), André Swiegelaar en Werner van Antwerpen.