Update
GEORGE NUUS - Minke Janse van Rensburg het Vrydagaand, 10 Februarie, haar 50 m-vryslag downsindroom wêreldrekord met 0.15 sekondes verbeter tydens die Infinity Gala by die Newton Park-swembad in Gqeberha.
Minke oefen tans by die Garden Route Swim School en is besig om voor te berei vir die Suid-Afrikaanse sportvereniging vir intellektueel gestremdes se nasionale byeenkoms wat einde Maart plaasvind.
Volgens die uitnodiging na hierdie byeenkoms sal 'n nasionale span gekies word wat Suid-Afrika begin Junie vanjaar by die Virtus Global Games in Frankryk gaan verteenwoordig.
Minke se pa, Hennie, is baie opgewonde hieroor aangesien sy in 2018 laas inter-nasionaal kon meeding.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'