Die byeenkoms het vanaf 27 tot 31 Maart by die Bellville Velodrome plaasgevind.
Die agt ryers wat SWD by die byeenkoms verteenwoordig het, het 32 medaljes verower, waarvan agt goud, 12 silwer en 12 brons. Met hierdie vertoning staan SWD ook kop en skouers bo die ander provinsies uit.
Die ryers wat deelgeneem het, met hul prestasies, was Mikayla Oliver (2 goud, 6 silwer, brons), Shenique Loggenberg (3 goud, 1 silwer, 3 brons), Jessica Gerber (1 goud, 4 silwer, 2 brons), Kerrighan Aries (2 goud, silwer, 2 brons), Marchall Hendriks (2 brons), Rico Bence (brons) en Corné Bence (brons).
Van links staan Cornè Bence, Mikayla Oliver, Rico Bence, Jessica Gerber, Marchall Hendriks, Kerrighan Aries, Shenique Loggenberg, Corne Bencè, Louis Visser en Jade Gerber. Foto: Verskaf