GROOT-BRAKRIVIER ROLBALNUUS - Tydens die algemene jaarvergadering van Groot-Brak-rolbalklub is die klubkampioene van die vorige jaar met trofeë en toekennings vir hul prestasies vereer.
Die wenners van die kampioenskappe is:
- Mansenkels: Ashley Krauspe; damesenkels: Tersia Robertson.
- Nuweling mans: Johann Prins; nuweling dames: Dilene du Preez.
- Manspare: Ashley Krauspe en Johan Pretorius; damespare: Lyn Hancke en Erna Pretorius.
- Gemengde pare: Ashley Krauspe en Dilene du Preez.
- Gemengde driespel: Johan Pretorius, Erna Pretorius en Johan Bezuidenhout.
Die Groot-Brak-rolbalklub se klubkampioene met hul toekennings is van links: Johan Bezuidenhout, Erna Pretorius, Johan Pretorius, Ashley Krauspe, Johann Prins, Dilene du Preez en Tersia Robertson. Afwesig: Lyn Hancke.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'