Biancé van Rensburg, 22-jarige eienaar en choreograaf van Dynamic Dance Academy, het haar eerste produksie ooit ingeskryf en hiermee meegeding in die World Trial Circuit, die hoogste kategorie.
Hier het die groep te staan gekom teen wêreldkampioene.
Elke danser het sy of haar heel beste gegee en die groep is beloon met eerste plek in Suid-Afrika. Die dansskool het ook vier goue en drie silwermedaljes huis toe gebring.
Biancé bedank elke danser en ouer vir hulle lojaliteit en toewyding. Die skool se prestasies lyk soos volg:
Produksie (alle ouderdomme) – goud;
Brendon en Malcom duet 16 jaar en ouer – goud;
Alison en Alexis duet 12-15 jaar – goud;
Lee Miller, Alison en Alexis O' Reilly, Chanell Robertson, Monique Pienaar, Ashleigh Maart en Melissa Joubert (klein groep-kategorie) – goud;
Rock Mafia (formasie) 12-15 jaar – silwer;
Nazlynne James en Lee Miller duet 16 jaar en ouer – silwer;
Ronzio Kiewiet solo-kategorie 16 jaar en ouer – silwer;
Reload Revolution (formasie) 16 jaar en ouer – brons.
Die groep neem ook eersdaags deel in Kaapstad aan die tweede nasionaal-kwalifiserende ronde vir die wêreldkampioenskap wat in Oktober in Denemarke gehou word.

Die dansers van Dynamic Dance Studio het geskitter tydens hulle deelname aan 'n onlangse nasionale danskompetisie in Sun City.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'