Op die 9 de en 18 de putjie is 'n bruggie gebou oor die watervoor en dit is aan Louis opgedra. Hannes Human, President, en Karools Janse van Rensburg, klubkaptein, het beide Louis geluk gewens en bedank vir sy bydrae om te toon dat Albertinia nie te klein is om groot name op te lewer nie. Sy vasberadenheid, toewyding en nederigheid maak dat Louis geliefd is by almal met wie hy in aanraking kom.
Saam met hom, Nelmari en baba Jana, en die hele Oosthuizen-familie, is Albertinia trots op en dankbaar vir sulke mooi prestasies en weet ons daar sal nog baie wees.
Artikel verskaf deur die Suid-Kaap Forum, susterkoerant van die George Herald.

Louis onthul die gedenkplaat vir die 'Louis Oosthuizen Brug'.