GEORGE NUUS - Die 2010/11-krieketseisoen in die SWD skop Maandag amptelik af wanneer die SWD Krieketraad gasheer is vir die Krieket Suid-Afrika Akademie-toernooi wat in Oudtshoorn plaasvind.
Ses spanne neem tot Donderdag aan hierdie toernooi vir kusprovinsies deel. Die toernooi vir die binnelandse provinsies word oor dieselfde tyd in Kimberley aangebied.
Maandag, Woensdag en Vrydag se wedstryde word oor 50 boulbeurte beslis terwyl die spanne elk twee Pro 20-wedstryde op Dinsdag sal speel.
Die SWD neem vanjaar vir die eerste keer met 'n volwaardige akademie-span aan die toernooi deel.
Verskeie spelers met provinsiale ondervinding soos Douglas Baartman, Merlin Masimela, Erinn Ewerts en Martin Coetzee vorm deel van die SWD-span en die vertonings van die plaaslike span sal met belangstelling dopgehou word.
Die volledige program is:
Dag 1 (Ma 13 Sept, 50 boulbeurte): OP vs Grens (REC); WP vs Grens Fort Hare (Bridgton); SWD vs Boland (Langenhoven Gimnasium).
Dag 2 (Di 14 Sept, Pro 20 formaat, eerste wedstryd): OP vs Grens Fort Hare (REC); WP vs Boland (Bridgton); SWD vs Grens (Weermag).
Dag 2 (Di 14 Sept, Pro 20 formaat, tweede wedstryd): SWD vs WP (REC); Boland vs OP (Bridgton); Grens Fort Hare Academy vs Grens (Weermag).
Dag 3 (Wo 15 Sept, 50 boulbeurte): Boland vs Grens (REC); SWD vs Grens Fort Hare (Bridgton); WP vs OP (Langenhoven Gimnasium).
Dag 4 (Do 16 Sept, 50 boulbeurte): OP vs SWD (REC); WP vs Grens (Bridgton); Grens Fort Hare vs Boland (Langenhoven Gimnasium).