Update
GEORGE NUUS - Die liggaam van die vrou wat Saterdag 26 Oktober in die see naby Heroldsbaai gevind is, is vandag deur die familie as die vermiste Heidi Scheepers (35) uitgeken.
Scheepers en haar twee kinders, Hugo (2) en Cozette (6), is verlede Dinsdagaand deur haar man, Ettienne (36), as vermis aangemeld.
Scheepers se voertuig, 'n VW Caravelle, is verlede Woensdag tydens 'n soektog aan die voet van 'n krans in die Voëlklip-area opgemerk. Die voertuig is Donderdagaand opgelig.
Klein Hugo se liggaam is Donderdag in die see gevind. Hy was nog in sy karstoeltjie.
Cozette is steeds vermis.
Lees verwante artikels:
- Search for missing girl continues
- Herold's Bay: Woman's body found in ocean
- Weather could hamper search for missing mother and daughter
- Memory wall for young Hugo Scheepers
- Soektog na ma en dogter gaan voort
- Update: Child's body recovered from Voëlklip
- Search operation now a recovery operation
- Soektog na ma en kinders hervat
- Missing: Focus on Voëlklip
- Soektog na ma en kinders gaan voort
- Urgent appeal from police
- Ma en kinders steeds vermis
- Mother and children missing
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'