Rekord kan eksklusief onthul dat Bridges en Chris Roets, ‘n saktryk Pretoriase sakeman, verlede jaar stil-stil die knoop deurgehak het.
Hulle het geen foto’s van die troue op enige van hulle Facebook-blaai gepubliseer nie en nie die media of haar ondersteuners het enigsins snuf in die neus oor die troue gekry nie.
Bridges het bevestig dat haar troue intiem en baie klein was. “Ek wou nie my troue aan die groot klok gehang het nie, het Bridges Maandag gesê. “Ek is baie gelukkig. Ek en Chris is al sewe jaar saam. Dit gaan goed met my persoonlike lewe.”
Net haar familie en beste vriendin het die geleentheid bygewoon – en, nee, sy het nie in haar bloedrooi rok waarmee sy sowat nege jaar gelede met Skip van Jaarsveld voor die kansel sou staan, aangehad nie.