Elmar Roetz (17) wat die afgelope tyd aandag getrek het met die manier waarop hy met sy een hand 'n kamera hanteer en uitsonderlike foto's neem, het hom nou na die pers gewend vir hulp.
Sy ma Betsie het hierdie week dosyne datums aan die Oudtshoorn Courant gegee as bewys van die opdraende stryd wat hulle voer om Elmar se ID kaart te bekom.
Hy het reeds verlede jaar kort na sy sestiende verjaarsdag op 7 April, by die kantore van die departement van Binnelandse Sake aansoek gedoen vir 'n identiteitskaart.