SWELLENDAM NUUS - Die N2-hoofweg is gesluit na ‘n trompop-botsing tussen ‘n bakkie en ‘n vragmotor sowat 7 km buite Swellendam in Heidelberg se rigting.
Volgens Swellendam-polisie het die botsing omstreeks 13:00 plaasgevind.
Die bakkie sit onder die vragmotor vas.
Die pad is tydelik gesluit terwyl die insittendes met meganiese toerusting uit die voertuie gehaal word.
Dit is nie seker hoeveel insittendes betrokke is en hoe ernstig hulle beseer is nie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'