MOSSELBAAI NUUS - Sekuriteitsbeamptes van 'n spoglandgoed op Mosselbaai het vroeg vanoggend op die erg ontbinde oorskot van 'n vrou (46) in haar huis afgekom.
Volgens inligting ontvang van die KwaNonqaba-polisie het die vrou, wat alleen gewoon het, sowat 'n maand gelede laas per Whatsapp met ander persone op die landgoed kontak gehad.
Nadat ander inwoners oor haar navraag gedoen het, het die landgoed se sekuriteitsbeamptes die vrou se woning besoek.