Update
ALBERTINIA NUUS - Die verdagte in die moord op Sharon Lee Bester, Johannes Bangiso, het vandag in die landroshof op Albertinia verskyn.
Die saak is uitgestel na Donderdag 9 November. Bangiso bly in aanhouding op Mosselbaai tot dan.
Die 52-jarige Bester is Saterdag dood in haar huis op die plaas Zout van die Aarde in die Albertinia-distrik gevind.
Daar is oorspronklik vermoed dat sy 'n beroerte gehad het, maar 'n nadoodse ondersoek gister (1 November) het bevestig dat sy verwurg is.
Bangiso (20) was 'n werknemer op die plaas en het op die plaas gebly.
Lees meer op ons susterskoerant, Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'