Staatsgetuies het verlede Maandag op die agtergrond tot drie van die vier se arrestasie meer as drie jaar gelede voortgebou. Mnre. Moses Silinda (31), Pieto Gwambe (28), Sam Chauke (37) en Venas Gavane (28) staan tereg op onder meer drie klagtes van roof met verswarende omstandighede, menseroof, en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.