GEORGE NUUS - George Toerisme verwelkom vakansiegangers na die Tuinroete met ‘n waterbesparingsboodskap in die hand hierdie somer.
George Toerisme-bestuurder Joan Shaw het gesê plaaslike toerisme het waterbewustheidspamflette, borsspeldjies en geskenkies by die George-lughawe uitgedeel en sit die goeie werk voort op plaaslike strande, by toeristebrandpunte, gastehuise en karhuurkantore.
“Ons is so opgewonde dat ons vakansiegangers hier is, maar vra hulle om die Wes-Kaap se waterkrisis in ag te neem waarookal hulle in die provinsie kuier.
"Ons toerisme-‘waterstryders’ is opgelei in algemene waterbewustheidsinligting en sal ooral met vakansiegangers gesels om die belangrikheid van waterbesparing in groot en klein wyses te beklemtoon.
Die George Munisipaliteit, met die ondersteuning van Eden-distrikmunisipaliteit, het onlangs advertensieborde in York- en Knysnastrate opgerig om arriverende reisigers bewus te maak van die gebied se waterskaarsstatus.
Advertensies is in plaaslike vakansiegidse geplaas, wat regoor die distrik versprei word, wat inligting insluit soos waterbesparingsidees, noodsaaklike nommers, waterbeperkings en beroepe om grootskaalse lewenstylveranderinge te maak om te verseker dat waterbesparing ‘n permanente huishoudelike- en besigheidsaanslag word.
George Munisipale Bestuurder Trevor Botha het herhaal dat alhoewel die Tuinroete-dam tans bo 70% is, die munisipaliteit ‘n langtermynbenadering tot watersekuriteit het en dat daar steeds waterbeperkings is.
“Waterverbruikers is geneig om te ontspan wanneer hulle sien die damvlak styg en spaar dan nie so bewustelik nie. Met ‘n lang, warm somer wat voorlê moet ons vooruit dink en spaar waar ons kan.
“Ons vra veral vakansiegangers wat van ander streke af kom waar daar nie tans so fyn water bespaar word nie, om ons desperate situasie en die toekoms van die streek te all tye in gedagte te hou.
"Help ons asseblief om water te bespaar en ons watersekuriteit te beskerm – nie net om ons onmiddellike krisis te oorkom nie, maar ook om te verseker dat u ‘n plek het om na terug te keer vir baie jare vorentoe,” het Botha gesê.
Die huidige waterbeperkings vir George is:
- Beperkte natgooi van tuine met ’n tuinslang in die hand met munisipale water toegelaat: gelyke nommer-huise Maandae en Donderdae, net 7nm-9nm EN ongelyke nommer-huise Dinsdae en Vrydae, net 7nm-9nm.
- Meganiese natmaak van tuine (met sproeiers) met munisipale water word verbied.
Natgooi van sportvelde met munisipale water word verbied met die uitsondering van gholfsetperke, rolbalbane en krieketblaaie wat daagliks tussen 7nm en 9nm natgegooi mag word.
Volmaak van swembaddens met munisipale water word verbied.
Karwas met ‘n tuinslang met munisipale water word verbied (emmers toegelaat), met die uitsondering van karwasbesighede.
Skoonmaak van buite-oppervlaktes met ‘n tuinslang met munisipale water word verbied (emmers toegelaat).
“EIE WATER”-kennisgewings moet aangebring word waar van toepassing en moet bewys kan word op aanvraag van munisipale beamptes.
Aansoeke vir uitsonderings op beperkings mag op meriete oorweeg word.
Rapporteer asseblief alle waterlekke by 044 801 9262 en na-ure/vakansies by 044 801 6300 sodra u dit opmerk.
Oortredings van waterbeperkings kan by 0800 424 277 gerapporteer word. Herhaaloortreders kan tot R4000 per oortreding te betaal – afhangend van die tipe oortreding – of kan vir tot ses maande tronkstraf kry indien skuldig bevind word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'