GEORGE NUUS - 'n Groepie vroue van sone 6, Ramaphosa, het besef as hulle nie 'n plan gaan maak om te ontspan nie, gaan dit nie gebeur nie.
Dié wyse vroue het 'n klub begin by name "Ombono Zomama Ramaphosa," wat beteken: "Visioene van Moeder Ramaphosa."
Verlede Saterdagnamiddag het die tiental die pad gevat na Mosselbaai, om by die Garden Route Casino litte los te maak.
"Ons het heerlik geëet en gekuier, dit was 'n fantastiese middag," het Remona Tom gesê. "Jy weet, ons is heeldag besig met die kinders en mans en huisprobleme. Soms is dit nodig om iets vir jouself te doen."
Die groep is eintlik 21 vroue sterk, maar sommige kon nie saamgaan nie, weens die finansiële implikasie.
Volgende op hul lys van "dinge om te doen" is 'n naweekkamp, met gassprekers wat fokus op kind grootmaak, die getroude lewe en leierskap by die kerk en huis.
Indien enige organisasie borgskap wil bied, kontak vir Remona by 064 820 8306 of Zukie by 084 311 7232.
Die groep is van links: Noty Mbekwa, me. Mfencane, Selina Poni, me. Sange, me. Tata, me. April, me. Nonkonzo, Romina Tom en Zukie Matyamu.
Jip! Ons is op pad casino toe.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'